N Styl, kleur en grimeer werkswinkel vir elke vrou
Soms neem die lewe sy tol, en raak ons as vrouens en mammas moeg, moedeloos en verloor ons, onsself iewers langs die pad. Dis altyd werk, kinders, mans en die gejaag na die volgende ding, en iewers tussen alles bly ons agter. Ons vergeet hoe dit voel om mooi te lyk mooi aan te trek, en sommer net goed te voel oor onsself.
As jy een van daai vrouens is wat altyd almal anders bo jouself sit, is hierdie werkswinkel vir jou. Dit maak nie saak in watter seisoen van jou lewe jy jouself bevind nie, hierdie werkswinkel gaan jou toerus om weer goed te voel oor jouself, jouself in die oë te kan kyk en jouself weer lief te kan he. N Kleur vir elke seisoen is ontwerp om vir elke mamma, dogter, ouma en suster daar buite, te wys hoe maklik dit kan wees om mooi te kan lyk. In hierdie werkswinkel gaan ons jou wys watter kleure by jou pas, watter style jou liggaamsvorm sal beklemtoon en watse groot verskil grimering in jou voorkoms kan maak.
Het jy al ooit gewonder hoe dit sou voel om elke dag met selfvertroue aan te trek?
Baie vrouens dink dat mooi lyk en mooi aantrek n fortuin moeet kos, en natuurlik baie moeite moet verg. Ek het baie goeie nuus vir jou. Die geheim agter mooi aantrek, en n mooi voorkoms, le egter in jou kennis.
Wanneer jy weet watter kleure by jou pas, en watter style jou komplimenteer, word dit baie makliker om elke dag mooi aan te trek. Wanneer jy goed lyk, sal jy goed voel, en sal jou selfvertroue n hupstoot kry. N mamma wat goed voel en goed lyk, sien die lewe anders en daag elke dag anders op as voorheen.
Hierdie werkswinkel is spesifiek gemik daarop om jou toe te rus met genoeg wenke om elke dag goed te lyk en te voel. Ons wil jou graag help om jou voorkoms n hupstoot te gee, sodat jy nooit weer hoef te wonder hoe om jou beste self te wees nie. Na hierdie werkswinkel sal jy verseker n paar rand spaar, want jy hoef nooit weer te wonder wat om te koop nie, maar eerder presies weet wat vir jou sal werk.
Wat sluit hierdie werkswinkel alles in?
Persoonlike kleuranalise
Om jou persoonlike kleurseisoen te verstaan, is die grondslag van om goed te lyk en goed te voel. Tydens die werkswinkel sal n deskundige konsultant jou veltoon, oogkleur en haarkleur ontleed om jou perfekte kleurpalet te bepaal. Jy sal leer watter skakerings jou gelaat laat gloei en jou kenmerke laat uitstaan. Of jy nou 'n warm herfs of 'n koel somer is, jy sal met 'n persoonlike kleurkaart vertrek om jou te help om klere en grimering te kies wat jou natuurlike skoonheid beklemtoon.
✅Kleurkaart met jou beste kleure
Stylkonsultasie
Jou persoonlike styl is 'n refleksie van wie jy is, en hierdie werkswinkel sal jou help om dit te definieer en verfyn. Ontdek die snitte, materiale en silhoeëtte wat jou liggaamsvorm vlei en met jou persoonlikheid ooreenstem. Met praktiese advies en persoonlike wenke, sal jy leer hoe om 'n klerekas saam te stel wat jou elke dag selfversekerd en stylvol laat voel. Sê totsiens aan klerekasverwarring en hallo aan moeiteloos chic!
✅Styl boek met al jou beste style
Grimeermeestery
Of jy nou nuut is met grimering of jou vaardighede wil verbeter, hierdie werkswinkel het iets vir almal. Leer die basiese beginsels van velsorg, fondasie-passing en grimeringstoepassingstegnieke van professionele grimeerkunstenaars.
Jy sal verskillende voorkomste verken, van natuurlike dagtydse elegansie tot glansryke aandstyle, en praktiese leiding ontvang om jou grimeerroetine te vervolmaak. Die doel is om jou natuurlike skoonheid te beklemtoon en jou die vaardighede te gee om pragtige voorkomste met selfvertroue te skep.
✅Grimeergids
Selfvertroue Opbou
Buiten die tasbare vaardighede en kennis, gaan hierdie werkswinkel oor die opbou van jou selfbeeld en jou bemagtig om jou unieke skoonheid te omhels. Wanneer jy goed lyk, voel jy goed, en hierdie nuwe selfvertroue kan 'n positiewe impak op alle areas van jou lewe hê. Die ondersteunende en bemoedigende omgewing van die werkswinkel verseker dat jy geïnspireerd en gelig vertrek.
In Samevatting
'n Styl-, kleur- en grimeringwerkswinkel is meer as net 'n klas; dit is 'n bemagtigende reis om jou ware self te ontdek en te vier. Met deskundige leiding, persoonlike advies en praktiese ervaring, sal jy die gereedskap en selfvertroue kry om binne en buite te skyn. Belê in jouself en begin hierdie transformerende ervaring – want jy verdien om elke dag fantasties te voel.
Jou vrae beantwoord:
Hierdie is die perfekte geskenk vir jou vrou, ma, dogter of vriendin. Hierdie is n geskenk wat hulle vir jare van nou af steeds sal gebruik en onthou.
Ons betaal ongelukkig geen geld terug vir n kaartjie nie. Kaartjies kan wel geruil word vir n ander datum, of na iemand anders oorgedra word.
Met hierdie werkswinkel sal jy n persoonlike styl en kleur analise ontvang. Jy ontvang ook n styl en kleur gids met jou beste kleure en style om jou vorentoe te help die regte besluite neem. Jy ontvang ook n gids met idees vir jou beste haarstyle en bykomstighede. Ons doen ook n in-persoon grimeerles, so bring jou grimeersakkie saam sodat ons jou kan help met jou beste grimering. Ons doen ook n hangkas sessie, waar ons jou help met idees oor hoe om jou hangkas te maak werk vir jou. Min items, maar baie meng en pas idees.
Bring asseblief jou grimeersakkie saam, sodat ons saam kan werk deur jou grimering, en jou kan help om jou grimering met jou eie sakkie te doen. Bring ook asseblief n paar kledingstukke uit jou hangkas uit, wat lekker dra, sodat ons jou kan help met n paar idees oor hoe om min items goed te laat werk vir jou.
Hier is wat ons kliente oor vorige werkswinkels gese het:
Gizelle Bouwer
"Dankie Sonja vir n wonderlike werkswinkel. Ek is nou so geinspireerd om elke dag my grimering te doen en mooi aan te trek. Sal dit defnitief aanbeveel."
Renee van Zyl
"I learned so much during this workshop. Skills that I will always carry with me. Thank you for a very informative workshop, and helping me realize how easy dressing up can be."
Marisa Strobos
"Such a fun and informative workshop, I think that all women should do this workshop for themselves."
Ontmoet Sonja.....
Sonja Eloff is n gekwalifiseerde voorkoms konsultant van Krugersdorp, wat vir die afgelope 6 jaar al haarself in die bedryf bevind.
Na n jare-lange stryd het Sonja self die pad gestap om haar eie voorkoms die hupstoot te gee en daarna besef dat soveel vrouens nodig het om hierdie pad van her-ontdekking te stap. Sonja het gevoel dat elke vrou daarbuite hierdie "tools" in hulle tassies moet he, en ten minste eenmaal in hulle lewens so sessie moet bywoon.
Sonja se hart en passie is vir vrouens. Sonja strewe daarna om soveel as moontlik vrouens die geleentheid te bied om hierdie spesiale reis van her-ontdekking mee te maak. Kom saam op hierdie reis, en doen dit vir jouself.
N Kleur vir elke seisoen werkswinkel...
R2500
Jou belegging sluit die volgende in...
Alles wat jy nodig het om jou voorkoms n hupstoot te gee op een plek.
Hierdie werskswinkel is n belegging wat elke vrou vir haarself moet maak, ten minste eenmaal in haar leeftyd. Nooi n vriendin of kollega saam en kom transformeer saam julle voorkoms.