N STYL, KLEUR EN GRIMEER WERKSWINKEL VIR ELKE VROU
Soms neem die lewe sy tol, en raak ons as vrouens en mammas moeg, moedeloos en verloor ons, onsself iewers langs die pad. Dis altyd werk, kinders, mans en die gejaag na die volgende ding, en iewers tussen alles bly ons agter. Ons vergeet hoe dit voel om mooi te lyk mooi aan te trek, en sommer net goed te voel oor onsself.
N Kleur vir elke seisoen is ontwerp om vir elke mamma, dogter, ouma en suster daar buite, te wys hoe maklik dit kan wees om mooi te kan lyk. In hierdie werkswinkel gaan ons jou wys watter kleure by jou pas, watter style jou liggaamsvorm sal beklemtoon en watse groot verskil grimering in jou voorkoms kan maak.